Home » Preke 2019 » Psalm 31 – Sesde Sondag in Lydenstyd – 14 April 2019

Psalm 31 – Sesde Sondag in Lydenstyd – 14 April 2019

Gesels oor die konsep van God wat ‘n rots of ‘n bergvesting is. Jy kan weer dieselfde konsep as dié van 3 Februarie (Psalm 71) gebruik. Julle kan ook gesels oor watter ander dinge vir ons sulke veilige plekke simboliseer, bv jou ma se arms. ‘n Ander konsep om die beeld mee te verduidelik, is ‘n “den” vir wanneer ‘n mens speletjies soos aan-aan speel. Daar is ook ‘n skakel na ‘n video van Psalm 31.

Die psalms is wonderlike ruimtes wat ons help om ons eie gevoelens te verwoord en oor ons diepste pyn – en oorwinnings – te praat. Jesus Self haal twee keer uit die psalms aan terwyl Hy aan die kruis hang. Hierdie Psalm teken die worsteling van Dawid om in sy vertroue op God te volhard, ten spyte van teëstand en teëspoed. Dit word saamgebind deur die appèl aan die einde aan die hoorders-lesers om sterk te wees, moed te hou en te bly vertrou.

Share