Home » Preke 2019 » Psalm 22 – Goeie Vrydag – 19 April 2019

Psalm 22 – Goeie Vrydag – 19 April 2019

Om die gedagte van Godverlatenheid oor te dra, kan jy vir die kinders vra of hulle al ooit in die middel van die nag in die donker wakker geword het en gevoel het hulle is alleen. Laat hulle vertel hoe dit voel. Verduidelik dat dit amper is hoe Jesus aan die kruis gevoel het – en hoe ons ook soms voel. Ons voel alleen en dink God is nie by ons nie. Net soos wat Pappa en Mamma tog naby is, al voel ons alleen, is God ook steeds naby.

Dit dek die tafel vir die preek oor hierdie Psalm. Dit gaan hier oor die feit dat God die gebed van die hulpeloses nie verontagsaam nie. Die Psalmis bid nie net om verlossing nie, maar loof God vir die verlossing wat Hy gebring het. Dit is daarom ook moeilik om dié Psalm te lees, sonder om die lyding, kruisiging en opstanding van Jesus so duidelik hierin te hoor. En natuurlik is dit ‘n Messiaanse Psalm wat in die lewe van Jesus vervul is. Maar ons moet nie te maklik vergeet dat dit ook ‘n Psalm van Dawid is, en dat dit in die eerste plek vir hom in sy lewe betekenis gehad het. Soos dit ook vir ons betekenis het.

Share