Home » Preke 2019 » Handelinge 5:27-32 – Tweede Sondag van Paastyd – 28 April 2019

Handelinge 5:27-32 – Tweede Sondag van Paastyd – 28 April 2019

Lees die gedeelte in ingeslote deel uit Die Nuwe Testament vir Kinders met Familietyd. Daar is ook ‘n blokraaisel om die grootste wonder van Jesus se opstanding uit die dood te ontdek. Die preekriglyn gee nie net aan die perikoop aandag nie, maar ook aan die groter verbande van die gebeure. Daar word nou by die verhaal van Petrus en Johannes op pad tempel toe in hoofstuk 3 aangesluit. Die genesing van die verlamde man lei daartoe dat al hoe meer mense na hulle begin stroom en deur hulle verkondiging geleer word. Dit is egter juis hierdie getuienis wat moeilikheid veroorsaak. Terwyl hulle nog besig was om daarvan te getuig stop van die godsdienstige leiers hulle in die tronk tot die volgende môre. Die poging van die Joodse Raad om hulle stil te maak, slaag egter net om hulle vaster in hulle oortuiging te vestig: “Julle moet maar self besluit wat voor God reg is: om aan julle gehoorsaam te wees of aan God.

Share