Home » Preke 2019 » Handelinge 9:1-6,(7-20) – Derde Sondag van Paastyd – 5 Mei 2019

Handelinge 9:1-6,(7-20) – Derde Sondag van Paastyd – 5 Mei 2019

Soos met enige narratiewe teks – vertel gewoon die verhaal dramaties. Jy kan ook video’s gebruik. Skakels ingesluit. Daar is ook ‘n baie oulike idee en templaat waar jy die storie met ‘n gesig vertel met “skille” oor die oë, wat op dramatiese wyse afval op die regte plek in die vertelling. Vir die kleuters is daar ‘n inkleurprent en doolhof om Ananias te help om by Paulus se huis te kom. Die preekriglyn begin met biografiese gegewens oor Paulus wat die tafel dek vir die betekenis van sy verhaal.

Waar die verhaal van die vestiging van die kerk in Jerusalem by Pinksterdag begin, begin die verhaal van die vestiging van die kerk in die wêreld by Saulus se bekering en die klein Pinksterdag in die huis in Reguitstraat in Damaskus, Sirië. Saulus se verhaal, sê vir ons drie dinge: Een: Die verhoogde Jesus sit sy bediening op aarde voort. Twee: Paulus sien die heerlikheid van God. Drie: Roepingsverhaal. Vir elkeen word daar ‘n toepassing gegee.

Share