Home » Preke 2019 » Handelinge 16:9-15 – Sesde Sondag van Paastyd – 26 Mei 2019

Handelinge 16:9-15 – Sesde Sondag van Paastyd – 26 Mei 2019

Gebruik die eenvoudige vertaling van Die Nuwe Testament vir kinders om die verhaal aanskoulik te vertel. Daar is ook ‘n woordspeletjie vir die kinders. Die preekriglyn begin deur die gemeente te laat terugdink aan kere toe hulle gevoel het dat hulle geloof hulle in konflik bring met hoe mense dink en hoe dinge in die algemeen gedoen word. Een van die kenmerke van ‘n geloofsgemeenskap wat getrou is aan hulle roeping, is dat hulle verstaan dat hulle anders as die wêreld is. Trouens, Christene is mense wat doelbewus daaraan werk om “te leer hoe” om anders te wees as die wêreld. Hulle wil uitvind hoe werk ‘n alternatiewe gemeenskap.

Hulle wil leer hoe dra jy ‘n sterk, hoopvolle getuienis in ‘n wêreld wat lyk of dit maar net aangaan volgens natuurlike wetmatigheid. Hulle weet dat hierdie wêreld eintlik wag op die goeie nuus dat ‘n bevrydende ingryping plaasgevind het. Dit verskaf die inleading tot die verhaal van die vroue by die rivier wat die verhaal hoor van hoe God ingegryp het. Lidia word in haar hart gegryp; sy kom tot bekering deur die geheimenisvolle werk van die Heilige Gees. Só begin die verhaal van die bekering van Europa.

Share