Home » Preke 2019 » Psalm 97 – Sewende Sondag van Paastyd – 2 Junie 2019

Psalm 97 – Sewende Sondag van Paastyd – 2 Junie 2019

In Psalm 97 is daar heelparty woorde wat beskryf “hoe” God is en “wat” Hy doen. Gebruik die blokkiesraaisel om die sleutelaard van God te ontdek. Sluit in die preekriglyn aan by dit feit dat vandag die vyftigste dag is sedert ons viering van Jesus se opstanding uit die dood. Vandag vier ons die ewige trou van God wat God se getroue dienskneg, Jesus Christus, uit die dood opgewek het.

Ons teks kom uit die Vierde Psalmboek, die vierde van die vyf groepe of boeke waarin die 150 psalms ingedeel word. Die vierde Psalmboek in sy geheel, gegewe die koppeling met die tyd van die ballingskap, help ons ook om te verstaan dat selfs in ‘n tyd wat jy swaarkry, ‘n mens blydskap in die teenwoordigheid van die Here kan beleef deur lofprysing. Psalm 97 help ons om opnuut weer vas te gryp aan die feit dat God koning is. Dit is so ryk aan betekenis! Hy is koning vir al die “liefhebbers van die Here“!  Dit is ‘n wonderlike beskrywing van die regverdiges, dié wat in opregtheid hulleself aan die Here verbind, dié wat Hom getrou navolg en sy dissipels is.  Maak nie saak waar ‘n mens jouself dus bevind op hierdie wêreld nie, selfs al is dit op ‘n ver afgeleë eiland, dáár kan jy ‘n liefhebber van die Here wees en jou verlustig in sy heerskappy! Dit is hierdie beskrywing van Psalm 97 wat ons graag op onsself van toepassing moet maak: “Liefhebbers van die Here“. Dit is wie ons is, en só wil ons bekend staan. Om die waarheid te sê, dit is hoe ons graag wil hê die Here aan ons moet dink.  En skielik staan ons op heilige grond ….

Share