Home » Preke 2019 » Handelinge 2:1-21 – Pinksterfees – 9 Junie 2019

Handelinge 2:1-21 – Pinksterfees – 9 Junie 2019

Integreer die familie-oomblik en Skriflesing. Jy kan die video’s van “The Jesus Storybook Bible” gebruik. Of lees die gedeelte op jou tablet vanaf die YouVersion Bybel vir Kinders. By dinkjeug is ‘n dokument met inkleurprente en aktiwiteite. Kinders sal dit veral geniet om krone van vuurtonge te maak. Die preekriglyn sluit direk by die gedagte van Pinksterfees as die geboorte van die kerk aan. Tot nou toe was Jesus se volgelinge ‘n onseker en bangerige, oorversigtige groep. Wanneer hulle met die Heilige Gees vervul word, word die kerk lanseer. Die koms van die Heilige Gees bemagtig die kerk op maniere wat nie voorheen vir God se hele volk beskikbaar was nie. Pinksterfees herinner ons aan die oneindige krag wat God vir die taak van die kerk voorsien: die Heilige Gees. Ons lewe as dissipels vertoon maar middelmatig wanneer ons die werklikheid van die derde Persoon in die Drie-eenheid wat in ons leef en werk onderskat.

Share