Home » Preke 2019 » Johannes 16:12-15 – Eerste Sondag in Koninkrykstyd Drie-eenheidsondag – 16 Junie 2019

Johannes 16:12-15 – Eerste Sondag in Koninkrykstyd Drie-eenheidsondag – 16 Junie 2019

Gebruik die voorbeeld van ’n kompas om die werk van die Heilige Gees wat ons in die hele waarheid lei, vir die kinders te verduidelik. Die preekriglyn fokus in die inleiding op Drie-eenheidsondag. Alhoewel ons teksgedeelte slegs uit vier verse bestaan, is dit gevul met ryke inhoud. Ons word in ons geloof versterk wanner ons nadink oor God se betrokkenheid in God se wêreld en kerk as Vader, Verlosser en Leermeester. Veral die Gees sal die dinge oor God aan ons openbaar. Dit is ‘n waarheid wat nie alleen deur verstandskennis ontvang word nie, maar deur deelname aan God se werk as dissipels van Jesus. Die Gees is Self ook die waarheid wat die dissipels in en deur die lewe lei.

Share