Home » Preke 2019 » Galasiërs 5:1, 13-25 – Derde Sondag in Koninkrykstyd – 30 Junie 2019

Galasiërs 5:1, 13-25 – Derde Sondag in Koninkrykstyd – 30 Junie 2019

Verskillende vrugte of prente van vrugte wat aan ’n boom hang kan ingespan word om die vrugte van die Gees op prettige manier oor te dra. ’n Onthouspeletjie waar die prente/vrug opgehou en die vrug van die Gees onthou moet word, kan in hierdie verband goed werk. Daar was twis en rusie onder die Galasiërs waarskynlik oor die besnydenis en oor die onderhouding van godsdienstige rituele. Die onderlinge verhoudinge tussen die gemeentelede was gespanne en het tot verdeeldheid gelei. Paulus herinner die gemeente van Galasië aan die ware evangelie, die evangelie van vryheid in Christus en die lewe van vryheid in die Gees. Die nuwe identiteit behels vryheid, maar ‘n vreemde vryheid – ‘n vryheid wat ons roep om ‘n diensslaaf vir ons medemens te word. Die kernbeginsel is die liefde, die samevatting van die wet.

Share