Home » Preke 2019 » 2 Tessalonisense 1:1-4,11-12 – Een en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 3 November 2019

2 Tessalonisense 1:1-4,11-12 – Een en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 3 November 2019

In die brief wat ons vandag lees, word daar gepraat van die mense in Tessalonika se goeie voorbeeld. Daar word vertel van hulle geloof, liefde en volharding, wat vir ander mense ’n voorbeeld is. Vertel die storie van Mean Jean, the Recess Queen deur Alexis O’Neill (skakel ingesluit). Mean Jean het oor die speelgrond regeer – niemand kon swaai voor sy geswaai het nie, niemand kon op die glyplank gly voor haar nie. Sy het almal geboelie. En dan, een dag, kom daar ’n nuwe dogtertjie – Katie Sue. Katie Sue stel ’n nuwe voorbeeld. Sy vra Mean Jean om saam met haar te speel! En so word die speelgrond weer ’n wonderlike plek vir almal om te speel. Katie Sue stel ’n goeie voorbeeld vir almal om te volg. Net soos wat die mense van Tessalonika se optrede oral vir mense ’n voorbeeld was, word Katie Sue se optrede die voorbeeld vir almal – en word die skool ’n beter, lekkerder plek! Die preekriglyn sluit aan by Tessalonika as ‘n metropolitaanse, multikulturele stad wat ook as die hoofstad van die provinsie Macedonië (noorde van Griekeland) gedien het. 2 Tessalonisense 1 getuig van God se krag en God se werk in die gemeente. Die gemeente het nie uit menslike vindingrykheid of menslike vaardigheid ontstaan nie. Dit was die krag van God. Wanneer ons vandg oor hierdie teks nadink, moet ons ook fokus op en getuig van God se krag en werk. Ons teks is nie ‘n morele lessie oor hierdie gemeente nie. Ons moenie die gemeente van Tessalonisense voorhou as voorbeeld van geloof en volharding wat ons gemeente behoort te na-aap nie. Nee, ons moet praat oor en onsself oopstel vir die kragtige werk van God se gende en vrede in ons. Daarom fokus ons vandag op vers 2: “Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!”

• Klik hier om Word-aanbieding af te laai
Klik hier om PowerPoint-aanbieding af te laai

Share