Home » Preke 2019 » Romeine 1:1-7– Vierde Sondag in Advent – 22 Desember 2019

Romeine 1:1-7– Vierde Sondag in Advent – 22 Desember 2019

Gesels in Familietyd saam oor waarvoor julle dink God julle geroep het. ‘n Lekker storie om hiermee saam te vertel, is “Carl and the meaning of life” deur Deborah Freedman.  Carl is ‘n erdwurm wat in die grond grawe en harde grond in sagte grond verander.  ‘n Veldmuis wonder eendag hoekom Carl doen wat hy doen en Carl begin vir verskillende diere vra wat sy doel is.  Hulle weet nie, maar hulle vertel vir hom hoekom hulle doen wat hulle doen.  Dan hoor Carl ‘n kewer roep.  Die kewer het niks om te eet nie, want hy kan nie in die harde grond grawe nie.  Carl besef sy doel is om die grond sag te maak en hy begin weer werk. Die preekriglyn begin met die onlangse versoeningsgesprek tussen die joernalis Max du Preez en oud-minister Adriaan Vlok. Max het aan die einde daarvan gesê: “Ek verstaan nie mooi wat dit alles beteken nie. Maar ek het geen twyfel nie dat Adriaan Vlok opreg en outentiek is. Wat hy doen en hoe hy nou lewe, is buitengewoon. Was daar maar meer Christene wat hul geloof met soveel oorgawe uitgelewe het.” Dit verskaf ‘n goeie inleiding om oor ons eie bydrae om draers van die goeie nuus te wees.

Share