Jeremia 31:27-34 – Twee en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 16 Oktober 2016

Vers 33 is die beste aansluitingspunt vir kinders: “Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê.” Lag saam oor die absurde idee van God wat ons harte uit ons bors uithaal en met ‘n pen daarop skryf.  Gesels dan oor die idee van iets “uit jou kop uit” memoriseer. Om net ‘n Bybel te hê, beteken nie veel nie.  Dit is eers wanneer ons dit lees, wat dit regtig ons s’n word – in ons harte geskryf word.  Dan word die woorde op papier woorde in ons harte.

Die preekriglyn lei in met  die feit dat ons pogings om ons eie geluk te skep dikwels boemerang.  Anne Widdecombe skryf: “Laat ons erken, ons is nie ‘n meer gelukkige samelewing as gevolg van die bevryding van die 1960’s en 1970’s nie. Ons het al die bande afgegooi. Nou bereik die egskeidings-koers rekordvlakke, so ook die koers van selfdood, van tienerswangerskappe, van jeugmisdaad, asook van kinderseks. Ons moet eerlike wees en erken die Groot Eksperiment het misluk. Jy kan nie geluk hê sonder om norme en waardes na te volg nie.”  Jeremia speel in op dié toedrag van sake wat ook in die sesde eeu v.C. geheers het in Israel. God se volk het ook in sy tyd hul eie kop gevolg. Hulle het God probeer paai met uiterlike vormgodsdiens, en gemaak soos hulle wil. God los hulle egter nie, maar voed hulle op, tug hulle, en bring hulle weer by sy genade uit.  God se gewilligheid om met sondige mense te bly werk, selfs in die aangesig van hul opstand en verwerping van Hom as God, is verstommend. Hy is genadig, geduldig en vol liefde. God bly by sondaars, werk met hulle, lei hulle deur die woestyn en – in hierdie geval – deur ballingskap, maar bring hulle uiteindelik altyd weer by sy genade uit. Hy belowe dat die volk weer sal floreer en sluit ‘n nuwe verbond met hulle.

sept-webbanners-r-12sept-4

Share

Jeremia 29:1, 4-7 – Een en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 9 Oktober 2016

Die sleutelteks kan deur ʼn ouer laerskoolkind voorgelees word om die ballingskap se invloed op die komende generasies van die verbondsvolk te benadruk. Maak gebruik van ʼn prent van mense wat plant of bou, of skep ʼn prentreeks van ʼn saadjie wat ontkiem en groei. Of dramatiseer die genesing van Naäman aan die hand van die ingeslote vertaling. Die preekriglyn begin met die boeiende verhaal van die uitdaging waarmee die vlieënier Richard de Crespigny in ‘n reusagtige dubbelverdieping Airbus A380 gekonfronteer is. ‘n Enjin onder die linkervlerk het in ‘n vuurbal ontplof. Die een krisis na die ander het gevolg. Op ‘n stadium was 22 van die 24 sentrale beheernetwerke van die vliegtuig buite werking. Die Airbus draaiboek vir krisisse het nie langer gehelp nie. Kaptein De Crespigny het besluit hy moet homself verbeel hy vlieg ‘n Cessna, die vliegtuigie waarmee hy oorspronklik leer vlieg het, en wat sonder al die beheernetwerke beheer moes word. Hy het die reuse Airbus A380 so begin hanteer. Hy het deurgedruk en kon die grote Airbus met minder as 100 meter op die aanloopbaan oor tot stilstand bring. 569 passasiers het die “Cessna” ongeskonde verlaat. Die koelkop vlieënier was ‘n held.

Dit gee ‘n goeie inleiding vir die wyse waarop Jeremia die situasie van die ballingskap hanteer het. Die Jode se godsdienstige draaiboeke en hulle kop-prentjies oor hoe God werk, het daarom nie meer by hulle omstandighede gepas nie.  In hierdie geroesemoes skryf God vir die ballinge ‘n brief, via Jeremia. Die doel van die brief is om hulle te oriënteer en vir hulle God se pad aan te wys. Die brief laat God se lig op hulle en hul omstandighede val, en wys God se pad vorentoe aan.  Die regte verbeelding in ballingskap is om die situasie te aanvaar en positief te begin werk om die “plek” waar God jou geplaas is te seën in afwagting vir die lotsverandering wat die Here wel kan bring.

Klik hier om Word-aanbieding af te laai
Klik hier om PowerPoint-aanbieding af te laai

sept-webbanners-r-12sept-7

Share

Klaagliedere 1:1-6 Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 2 Oktober 2016

Die storie van die klein hasie in “Why Do You Cry?” deur Kate Klise is perfek om die gesprek in te lei. Dis die verhaal van Klein Hasie wat maatjies nooi na sy vyfde verjaarsdag.  Hy glo dat net babatjies huil, daarom besluit hy om net ander groot diere te nooi.  In sy boekies is dit diere wat nie huil nie.  Een na die ander probeer hy sy maatjies nooi, maar een na die nader sê hulle kan ongelukkig nie kom nie, want hulle huil nog.  Elkeen vertel vir hom wat hulle laat huil.  Uiteindelik vind hy uit selfs sy ma huis soms!  Jy kan hierdie storie gebruik om te gesels oor dié dinge waaroor julle as gemeenskap huil – en saam intree vir die dinge wat julle hartseer maak.

In die preek word doelbewus na die wyer inhoud van klaagliedere verwys om die boek beter aan die hoorders bekend te stel.  Jeremia huil in hierdie boek hartroerend oor die toorn van God wat hy oor die land sien losbars het.  Hy skryf as ’n ooggetuie van die traumatiese verwoesting van die stad, die verkragting en vernietiging van die mense en die verstrooiing van die volk in ballingskap.  In hartverskeurende detail brei hy uit oor die dodelike impak daarvan op die geloofsgemeenskap.  Die probleem was ook nie net dat die volk Juda sosiaal, ekonomies en polities verwoes is nie.  Dit was immers al erg genoeg.  Maar, hulle worstel nou in ballingskap veral met die feit dat hulle teologiese sekerhede vernietig is.  Die vraag was dus brandende:  Hoe kon God soveel ellende oor Sy volk laat kom?  Hoe kon Hy Sy eie beloftes só versaak?

En waar laat dit hulle nou?  Sou daar nog iets oor wees vir die toekoms?  Wat kon hulle nou van God verwag?  Sou daar ’n omkeer moontlik wees?  Dit is in dié situasie dat Jeremia met sy Klaagliedere die hartseer en verydeling van die volk verwoord.  Sy digwerk gee woorde aan die worsteling, gee redes vir die oordeelsvoltrekking, veral redes wat verband hou met die feit dat die volk hulle kant van die verbond nie nagekom het nie, maar formuleer tog ook die hoop dat God Hom weer sal ontferm, want  “Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop.” (3:25).

sept-webbanners-r-12sept-6

Share

1 Timoteus 6:6-19 Negentiende Sondag in Koninkrykstyd – 25 September 2016

Dramatiseer die gelykenis van Lasarus en die ryk man aan die hand van Die Nuwe Testament vir Kinders in Familietyd.  Die preekriglyn lei in met die verhaal van Rockefeller, die Amerikaanse grondbaron, wat gesê het dat ‘n mens eers genoeg grond besit: “Wanneer jy die grond wat tans aan jou grond grens, ook besit.” Die dag na dieselfde Rockefeller se dood het ‘n joernalis vir sy rekenmeester gevra: “Presies hoeveel het Rockefeller nagelaat?” Die rekenmeester het met nadruk geantwoord: “Rockefeller het alles agtergelaat.”  Die rekenmeester het 1 Tim 6 vers 7 verstaan: “Ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie.”

Ons lei in die Westerse wêreld aan ‘n nuwe soort griep in die Westerse wêreld. Dit word Affluenza genoem. Dit is die onverdunde strewe na meer geld, rykdom en besittings. Dit maak mense siek. Baie sal alles oorboord gooi net om meer geld te maak. Meer grond te hê. Meer besittings te versamel.  Affluenza is ook ‘n soort geloof. Diegene wat hieraan ly, glo hulle lewe sal meer sinvol en vervuld wees as hulle baie het. Hulle status en aansien sal verhoog. Hulle sal dinge kan doen wat lekker is, en die lewe die moeite werd maak.  Paulus skryf egter: “Die godsdiens is ’n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.”

sept-webbanners-r-12sept-5

Share

1 Timoteus 2:1-7 Agtiende Sondag in Koninkrykstyd 18 September 2016

Gebruik die ingeslote kindervriendelike vyfvinger metodiek om te bid of gebruik die pragtige storie van Bring me a Rock wat ons aanmoedig om vir mense in gesagsposisies te bid. Die preekriglyn begin met die verhaal van Polikarpus as martelaar vir die owerhede gesê het: “Vir 86 jaar het ek my Koning en my Verlosser gedien, en Hy het hy niks aangedoen nie.

Hoe kan ek Hom belaster en verloën?”  Dit is dié tipe volharding wat ons inspireer om nie net vir regerings te bid en teenoor hulle te getuig nie, maar te bid dat alle mense die waarheid in Christus sal omarm om gered te word.

sept-webbanners-2

Share

1 Timoteus 1:12-17 Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd 11 September 2016

Volgens Carolyn Brown is dit kritiek belangrik om die verhaal van Paulus se bekering te vertel. Dit sal die kinders help om te verstaan wat hy vir Timoteus skryf.  Die preekriglyn lei met die verhaal van Martin Luther se bekering in.  Sy deurbraak het uit die Bybel gekom. Hy het Romeine 1:17 nuut leer verstaan. Die teks praat van God se geregtigheid. Vir Luther het dit altyd beteken dat God daarop geregtig is om sondaars te veroordeel. Skielik het hy begin verstaan God se geregtigheid is die vrye geskenk wat God aan sondaars toereken. Dit is ‘n geskenk wat deur die leë hande van geloof ontvang word en sondaars regverdig voor God verklaar.  Dit het sy lewe verander. Dit het die kerk verander.

Kortom, Luther het Paulus herontdek. Dink maar net aan vers 15, die kern van hierdie gedeelte:  Dit is ‘n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste.  Die sondigheid van die mens en die inisiatief van God om mense te verlos staan sentraal in 1 Timoteus 1:12-17. In ons teks beskryf Paulus homself as voorbeeld van verlossing deur genade. Daarmee bemoedig Paulus nie alleen vir Timoteus nie, maar ook vir alle lesers van die brief met die belydenis dat Christus Jesus na die wêreld gekom het om sondaars te verlos.

SEPT-webbanners-1

Share

Lukas 14:25-33 Sestiende Sondag in Koninkrykstyd 04 September 2016

Carolyn Brown sê dat hierdie teks baie moeilik is vir kinders om te hoor. Hulle sukkel om enige iets anders te hoor as dat jy moet afstand doen van jou ouers!  As dié gedagte grootmense bangmaak, is dit selfs nog erger vir kinders.  Die uitdaging is om hul vrees te erken, sonder om te sê “Jesus het dit nie regtig bedoel nie.” Een manier is om vooraf te waarsku dat ons vandag van die “scary-ste” goed gaan lees wat Jesus ooit gesê het. Nadat jy die teks gelees het, herinner almal dat dissipelskap nié maklik is nie. Een of ander tyd gaan dit vir jou iets moeilik vra om Jesus te volg.  “We don’t often tell children this.  But it is true and they need to know it” sê Brown.

Die preekriglyn sluit hierby aan en vertel die verhaal van John Wesley, die bekende Britse grondlegger van die Metodistekerk wat wêreldwyd versprei, en ook in Suid-Afrika sterk gevestig geraak het. John Wesley het sy lewe aan die armer deel van die bevolking gewy. Sy bediening was onder mense wat hard moes werk om te oorleef, min besit het, en nooit seker was van ‘n stabiele finansiële toekoms nie. Tog het Wesley so bekend en gesog geword dat hy later ‘n massiewe inkomste gehad het, in vandag se geldwaarde meer as driemiljoen rand per jaar.  Wesley het egter nooit erg aan geld gehad nie. Hy het Jesus se woorde in ons teks ernstig opgeneem: “So kan niemand van julle my dissipels wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie”. Hy het daarom doelbewus gekies om van R600 per maand te lewe, terwyl hy die res van sy inkomste doodgewoon weggegee het. In vandag se geldwaarde het Wesley in sy lewe meer as R70 miljoen doodeenvoudig weggegee.  Hy leer ons dat die eis van dissipelskap is ook om te identifiseer met die nood en behoeftes van ons ander broers en susters oor die grense van sosiale klasse, kleure, politieke partye en selfs nasionale grense.

Dissipelskap skep uiteindelik ‘n nuwe lewensruimte waarbinne ons lewe. Wanneer genoeg dissipels bymekaar is, kom ‘n nuwe lewenswêreld tot stand wat teen die status quo opstoot en uiteindelik ‘n wêreldverandering bring.  Dit is sake wat hierdie teksgedeelte sterk op die tafel sit.  Om dissipel te wees beteken na alles om agter iemand aan te stap; prys gee en koste. Iemand wat rigting aandui, iemand aan wie ek my volledig toevertrou. Dit behoort hieruit reeds te wees dat tussen dissipel en dissipline net ‘n fyn lyn loop. As navolgers weet ons Jesus is die Iemand wat ons volg. Daarom, soos wat Hy lei, sal ons volg!

Julie-webbanners-1

Share

Lukas 14:1, 7-14 – Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd, Barmhartigheidsondag – 28 Augustus 2016

Vertel ‘n storie van ‘n partytjie. Verduidelik dan hoe Jesus met die eerste gelykenis eintlik met gaste praat.  Met die tweede gelykenis praat Jesus met die gashere.  Gee dan praktiese wenke vir hoe ons self ‘n verskil in ander se lewe kan maak deur kinders te nooi wat nie maklik uitgenooi word nie.  Die preekriglyn werk met die voorbeeld van ‘n sekere metropolisiebeampte wat ‘n toekenning vir uitstaande diens oor ‘n periode van 15 jaar ontvang het. Hy het altyd waardig opgetree, nooit selfs ‘n dronk man neerhalend of gewelddadig behandel nie, of onnodige geweld teenoor enigiemand gebruik nie. Sy verduideliking hoe hy dit reggekry het was weens twee waardes.

Ek het altyd vir myself gesê ek het met mense te doen. Ek het altyd onthou die Bybel sê ‘n sagte antwoord keer grimmigheid af.  In ons teks gaan dit ook oor mense, en hulle waarde. Wat aan die orde kom, is hoe ons ander mense nie, siekes, mense wat ons as minder werd beskou as ons, en mense met wie ons liewer nie wil assosieer nie.  Dit is Jesus wat ons met hierdie vrae konfronteer. Hy help ons in ons teks verstaan wie God is, en hoe God mense hanteer.  En nooi ons uit om soos Hy op te tree.

Julie-webbanners-4

Share

Jeremia 1:4-10 – Veertiende Sondag in Koninkrykstyd – 21 Augustus 2016

As jy hou van “object lessons”, kan jy ‘n ballon gebruik om Jeremia te verteenwoordig. Hy was eers soos ‘n afgeblaasde ballon, onseker van homself. Dit is God self wat vir Jeremia alles gee wat hy nodig het om die werk te doen.  Jeremia word soos ‘n opgeblaasste ballon, gevul met God se Gees.  Of gebruik die storie van Miss Hazeltine’s Home for Shy and Fearful Cats deur Alicia Potter.  Die preekriglyn begin met die roepingservaring van Moeder Theresa wat gesukkel het om aan die gang te kom in Calcutta.  Sy het egter vasgebyt.

Vandag voed haar bediening jaarliks meer as 500,000 mense, behandel meer as 90,000 melaatses en onderrig minstens 20,000 kinders.  Dit lei die verhaal van Jeremia in wat as Bybelse voorbeeld gebruik word om ons oor ons eie roeping te laat nadink.  In die van die Bybel se verhale oor roeping, sluit dit enigiemand in, nie net mense wat in geestelike posisies is nie.  God kan mense in ‘n gewone betrekking roep en gebruik. Ons moet beweeg van ons take na roeping aan die hand van die mandaat wat God ons daarvoor gee.

Julie-webbanners-3

Share

Jesaja 5:1-7 – Dertiende Sondag in Koninkrykstyd – 14 Augustus 2016

Carolyn Brown gebruik ‘n ikoon van Christus (Jesus Christ as the true vine) vir ‘n gesprek met die kinders. Dit vestig die aandag op die wingerdstok waarop Jesus sit en illustreer hoe mense as lote deel van die wingerdstok is. Vertel dan die bekende verhaal van Jesus as die wingerdstok en gelowiges as die lote uit Johannes 15.  Die preekriglyn begin met ‘n verhaal oor mense wat sukkel om rekening te hou met die gevolge van hulle optrede. In September 2006 hoor Matt Atkinson dat drie van sy vriende ‘n aanval op hulle skool beplan. Hy was onseker of hulle dit bedoel het en sou deurvoer.

Wat daarvan as sy vriende in ernstige moeilikheid beland oor wat ‘n grappie mag blyk te wees? Na gesprek met sy ma en die skoolhoof het die polisie ingegryp. Die huise van die voornemende aanvallers is deursoek. Hulle het ‘n verskriklike ontdekking gemaak: selfmoordnotas, ‘n groot hoeveelheid wapens, ammunisie, kamoefleerdrag en gasmaskers.  Matt Atkinson sê daaroor: “Al wat ek kan sê is, doen die regte ding. Vertel iemand as jy van gevaar bewus word. Ek het gevrees vir die veiligheid van my skool en daarom opgetree. Ek wou nie bekend of beroemd wees nie.”  Dit is waartoe ons teks in Jesaja ons ook oproep.  Om te waarsku as dinge in die geloofsgemeenskap verkeerd loop.

Julie-webbanners-2

Share
1 2 3 4 6