4 Januarie 2015 Efesiërs 1:3-14 – Epifaniefees

Efesiërs praat pragtig van God se genade en liefde.  Die ideaal is natuurlik om nié “object lessons” te gebruik nie, aangesien kinders nie metafore verstaan nie.  Maar John Stevens gee ‘n pragtige idee om ‘n goedkoop speelgoed “magic milk bottle” te gebruik om te kan praat oor die nuwe jaar en die feit dat ons aangeneem is as God se kinders.  Die preekriglyn werk met Hatsuyume, die Japanese woord vir die eerste droom van die nuwe jaar.  Tradisioneel word dié droom beskou as ‘n aanduiding van die geluk wat die dromer die jaar sal ervaar.  Vir ons wat aan die begin van ‘n nuwe jaar staan, is daar egter ‘n ander droom wat ons geluk gaan bepaal.  Dit is die droom wat Gód vir ons het. Hy wil ons seën om alles in almal te vervul.  Dit doen Hy deur die Here Jesus Christus.ß

Share
1 24 25 26