LUISTERSEISOEN-PREKE

Die Seisoen van Luister voorsien elke week ‘n PowerPoint en Word hulpmiddel vir gebruik saam met die fokusteks van die Leesrooster se Preekriglyne wat Bybel-Media in samewerking met Communitas uitgee.

Die uitgangspunte is die volgende:

Dit sluit direk aan by die Seisoen van Luister se kultuur, styl en metodiek. Dit sluit direk aan by die Preekstudies met Liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar. Dit gebruik visuele media en verhale om ’n erediens-ervaring te skep waarin ’n egte ontmoeting met God en mekaar kan gebeur. Dit skep ’n familie-vriendelike toepassing vir die erediens. Die projek word steeds met die heelhartige ondersteuning van Bybel-Media moontlik gemaak. Daarom kan ons die PowerPoints en Word-lêers steeds gratis beskikbaar stel.

Please note this section is only available in Afrikaans.

Share